![]() |
TYGERBERG KINDERKOOR | ||||||||||||||||||||||
| UITREIKINGSPROGRAM VRIENDE VAN DIE TYGERBERG KINDERKOOR (“TKK”)
Eljosa Busdiens het 'n beurs van R2500 aan TKK geskenk ter ondersteuning van 'n behoeftige koorlid. Saam met die TKK-lede op die foto verskyn vlnr Johannes Horn (Eljosa), Hennie Loock, Rian Strydom (Komiteelid belas met Vriende van die Koor / Fondsinsamelingsportefeulje). 'n Warm dankie aan Eljosa! Om kinders van alle gemeenskappe die kans te gee om in die koor te sing en die toere mee te maak, is 'n hulpfonds in die lewe geroep om hulle finansieël by te staan. Om die fonds aktief te hou, benodig ons altyd persone om finansiële bydraes te maak d.m.v. donasies, borgskappe, ons CD's te koop en/of aan te sluit as 'n VRIEND VAN DIE KOOR. Baie dankie vir u ondersteuning in die verlede. Dit word opreg waardeer deur die lede van die Tygerberg Kinderkoor Komitee en alle ouers. Ons wil u egter as huidige Vriende van die TKK vriendelik herinner dat u lidmaatskapsfooi nou weer betaalbaar is. Die jaarlikse lidmaatsfooie is die volgende: Volwassenes: R250,00 vir twee kaartjies Skolier en Studente: R100,00 vir een kaartjie Lede word uitgenooi om een van ons prestige konserte by te woon.
Hierdie jaar het die TKK reeds opgetree by die Woordfees in Stellenbosch. Vir meer inligting aangaande optrede besoek asseblief ons webtuiste by www.tcc.co.za. Hierdie jaar was ook alreeds ‘n besige jaar vir die Voices of Angels met optredes by die Suidoosterfees, Christenfees en Skouspel Plus. Al hierdie optredes het baie goeie blootstelling vir die TKK tot gevolg gehad.
Vriende van die Koor is baie belangrik vir die volgehoue finansiële welstand van die TKK. Deur u baie welkome bydrae help u om die droom en onderving om deel te wees van ‘n węreldklas koor vir menige kinders ‘n werklikheid te maak. Ons wil ook graag in die toekoms meer gereeld met u in kontak bly deur midder van of e-pos of SMS boodskappe. Ten einde dit moontlik te maak is ons besig om ons databasis op te dateer. Ons het huidiglik nie u e-pos of selfoonnommer nie. Sal u asseblief so gaaf wees om dit aan my te stuur by : rstrydom@omigsa.com of SMS na : 082 498 5026. Indien u sou belangstel om u lidmaatskap te hernieu, kan u so doen deur ‘n direktedeposito te maak in die TKK se bankrekening. Ons bankbesonderhede is soos volg:
By voorbaat dank vir u ondersteuning. Vriendelike groete Rian Strydom Vriende van die Koor Tygerberg Kinderkoor | ||||||||||||||||||||||
|
|||||||||||||||||||||||