TCC TYGERBERG KINDERKOOR

English Homepage
Meer oor Ons
Die Span
CD's
Ons Program
Uitreikingsprogram
Optredes
Galery
The Voice of Angels
Kontak Ons

Join us on Facebook
DIE SPAN

Dirigent




Hendrik D. Loock is sedert die stigting van die koor die dirigent . Hy was gedurende sy studentejare aan die Universiteit van Stellenbosch lid van die Universiteitskoor onder leiding van Philip McLachlan.

Met sy ondervinding van laerskool-, hoërskool- en streekskore word hy dikwels gevra om lesings te gee oor koorafrigting en om as beoordelaar by eisteddfods en koorfeeste nasionaal en internasionaal op te tree. Hy tree as vryskutkonsultant op vir dirigente wat raad en hulp benodig

In erkenning van sy prestasies (plaaslik en internasionaal) het hy vele toekennings ontvang, o.a. goue medaljes van die Stad Bellville en die Onderwyservereniging (Absa-toekenning), die John Preiss- medalje van die Laerskool Excelsior, 'n Tygerberg Eisteddfodmedalje en die Excelsus toekenning van die Laerskool De Kuilen, oorkondes van die FAK, die ATKV en die Voortrekkers en sertifikate van verdienstelikheid deur die Burgemeester en Junior Burgemeester van Kuilsrivier en die SAOU. In Borja (Spanje) het hy en die Koor toekennings ontvang vir die lesing wat hy daar gelewer het.

Om op die hoogte te bly met die nuutste ontwikkeling in koorsang, het hy die Internasionale Koorsimposiums in Sydney (1996) en Rotterdam (1999) bygewoon.

Hendrik D. Loock is ook afrigter van die senior laerskoolkoor by Curro, ‘n privaatskool in Durbanville. Sy uitstekende vaardighede as koorleier is van onskatbare waarde by die verskeie CD’s wat reeds gemaak is, sowel as die goeie resensies wat dit behaal het. Verder gee hy deeltyds klas in koorleiding by die Universiteit Kaapstad. Hy konsentreer op die gebruik van die natuurlike stem wat tot ‘n homogene kwalteit geslyp word met sensitiewe plasing van toonhoogtes, gebruik van asembeheer en die uniforme gebruik van mondvorms. Om die teks te laat spreek en vir musikale vertolking word baie klem gelê op die verskillende klankskakerings en nuanses van die stem. Om die program interessant te hou word werke van uiteenlopende aard aangebied en word daar gepoog om alle genres te dek.

Begeleier
Tans is die begeleier Theresa Loock (née Crous). Sy is 'n begaafde musikus en was orrelis by verskeie kerke. As begeleier het sy verskeie sangers en kore op die klavier begelei. Sy is tans musiekonderwyseres by die Laerskool De Kuilen en ook verantwoordelik vir die Junior Koor van die skool. Hulle het by talle Eisteddfods as die wenner van hul afdeling uit die stryd getree. Theresa is ook bekend vir haar koorverwerkings en dit is in groot aanvraag by plaaslike en oorsese kore.

Hulpafrigters
Annatjie Brand (El Shaddai), Karina van Wyk (Goodwood Park Primary School), Corrina de Coning (private musiekonderwyser en leier van Laerskool Bellvile Seniorkoor en Fairmont Girl's Choir), Bardine Bell (Laerskool De Kuilen), Marietjie Marais (Laerskool Panorama ) en Antoinette Nel (private musiekonderwyser)

Die Werkspan
'n Koorkomitee, verantwoordelik vir al die administratiewe reëlings, bestaan uit die volgende lede :
  • Voorsitter en Skakelbeampte: Charl van Heyningen
  • Tesourier: Hendrik Basson
  • Sekretaresse: Yvonne Basson
  • Toerorganiseerder: Francois Lubbe
  • Hoofkonvenor: Sonja Knoesen
  • Vriende van die Koor: Rian Strydom
  • Addisionele lid: Theo Swartz
  • Addisionele lid: Marcia Torres


English Homepage Meer oor Ons Die Span CD's Ons Program Uitreikingsprogram Optredes Galery The Voice of Angels Kontak Ons TKK Blog